karla

Karla is 21 jaar oud, verjaar op 10 Oktober, en woon in die Oos-Kaap. Sy het op 9 jarige ouderdom belangstelling getoon in sang. Sy het by verskeie karaoke kompetisies opgetree en hoevele gewen. In Graad 8 was sy seker die jongste meisie wat ooit die talent kompetisie in Hoerskool Despatch gewen het, sy het dit ook in graad 12 gewen. Sy het so 4 jaar terug begin kitaar speel en doen ook heelwat solo vertonings. Karla het ‘n besonderse sterk stem en die X-faktor is duidelik te hoor wanneer sy optree. Sy is baie professioneel in haar optredes en weet hoe om haar gehoor te lees. Hulle het baie dieselfde stokperdjies soos pool, skaak, tafeltennis, ens en Karla het ook provinsiale kleure vir skaak en 8-ball pool. Sy het die dames trofee vir 8 Ball pool in die Despatch/Uitenhage liga al ‘n paar keer gewen asook die beker vir die Top 32 se beste speler. Haar passie is musiek en hulle beplan nog groot dinge vir die toekoms. Karla het die BLC kompetisie in die Oos-Kaap in 2020, asook die Kollig kompetisie in die Kykerskeuse afdeling in 2021 gewen. Sy het ook aan Begin Sing deelgeneem en 2de gekom. Daarna was sy een van die 15 finaliste in die grootste Country kompetisie in SA, genaamd Bakgat Country Star Search. Volgens haar is dit tot nou toe nog die beste oomblik van haar lewe toe sy aangekondig word as die Vrouewenner van hierdie kompetisie. Dit is besig om groot deure oop te maak vir haar, en ons is baie opgewonde om te sien wat volgende gaan gebeur!

Karla en Kobus het tot dusver verskeie voorprogramme saam groot name gedoen, naamlik Steve Hofmeyr, Demi Lee, Ray-Dylan, Jo Black, Refentse, Fatman, Dozi, Jakkie Louw, Eary B & Biggy, en Manie Jackson. Sy het ook die voorreg gehad om saam Fatman, Dozi en Manie duette op die verhoog te doen.

kobus

Kobus is 58 jaar oud, verjaar op 5 Februarie, en woon in die Oos-Kaap. Hy het op 8 jarige ouderdom leer konsertina speel. Daarna het hy die kitaar geleer en ander instrumente het gevolg. Vandag speel hy 16 instrumente met lead kitaar as sy hoof instrument. Hy was verskeie kere op TV met boeremusiek kompetisies asook in People of the South. Kobus het in 1989 aangesluit by die Weermag se Vermaaklikheids afdeling in Pretoria waar hulle musiektoere regoor die land gedoen het. Hier het hy saam met bekende musikante en sangers opgetree onder andere Clive Bruce, Al Debbo, Matt Hurter, Nico van Rensburg, Willie Botha ens. Hulle orkes het in 1995 die Battle of the Bands gewen in die Oos Kaap. Kobus was ook beoordelaar by verskillende kompetisies. Kobus, Blackie Swart en Dozi is great maats en het al ‘n paar keer saamgespeel. 3 jaar gelede het hy saam met Elandre Swartz by die Kirkwood se Wildsfees opgetree en 2019 het Kobus en Karla by die Loerie Nartjiefees opgetree. Hulle het altesaam 16 albums uit wat wissel tussen Boeremusiek, Country, Afrikaans, Pop, Gospel ens. Een van Kobus se nuutste kitaar cd’s is Bakgat Pappie wat uitstekend verkoop. Hulle het ook 3 Country albums getiteld – Saddle Up Vol. 1, 2 en 3 wat ook baie goed verkoop. Kobus en Karla se nuutste album is bekend as Soet op die Tong en dit bestaan uit Toeka en Tydlose treffers. Kobus en Karla sing saam op meeste van hulle albums en hulle musiek bestaan uit Afrikaans, Pop, Country, Boere en kitaar pick nommers van The Shadows. Hulle doen liedjies van bekende bands naamlik Queen, Dire Straits, Smokey, CCR, Shania Twain, Gloria Gaynor, Whitney Houston, Eric Clapton, Pink Floyd, ens.

VIND ONS OP

Karla Gouws Musiek SA

Kobus Gouws

© Hudson IT Solutions | Alle Regte Voorbehou